Landwyd is jou kans die grootste om gekaap te word as jy vroegoggend in die suide van Johannesburg ry.
Die Booysens-polisiekantoor in Johannesburg is bo-aan die lys van die top 20 gebiede met die hoogste motorkapingsyfers. Meer as 75% kapings vind hoofsaaklik in Gauteng (50%+) en KwaZulu-Natal (25%+) plaas.
Volgens die jongste misdaadsyfers vind 43,7% motorkapings saans tussen 18:00 en 21:00 plaas. Die minste kapings is in die vroeë oggendure tussen middernag en 05:00.
Die meeste slagoffers word by die ingang of oprit van hul wonings gekaap.
Die 12 ander polisiekantore in Gauteng met die hoogste kapingsyfers is Sandton, Mondeor, Midrand, Bramley, Moroka, Johannesburg-sentraal, Cleveland, Boksburg, Brackendowns, Jeppe, Springs en Edenvale.
In KwaZulu-Natal word motors veral in Pinetown, Umlazi, Phoenix, Chatsworth, Durban-sentraal, Isipingo en Newlands-Oos gekaap.
Tags: